Goeiehoek Kontreimark
February 14 @ 8:30 am - 1:00 pm

- Smul, Snuffel, Ontspan & Kuier! Dit is die hartklop van ons mark. Moet dit nie misloop nie!
- Plaasvars groente, vleis, biltong, kaas en jogurt. Spoggerige tuisgebakte konfyt, blatjang, souse en gemmerbier.
- Handgemaakte artikels vir die huis, klerekas, tuin en lapa.
- Kuns, juwele, oudhede en vele meer!
- Tradisionele pap en kaiings, afval en kuier teetuin
- Pret en vermaak vir groot en klein
Padaanwysings: Neem die R42 vanaf Vereeniging na Heidelberg. Draai rigting Goeiehoek by die Meyerton/Goeiehoekkruising. Na 4 kilometer vanaf die kruising, draai regs in die syaansluiting, rigting Goeiehoek. Bosrand is die eerste plaas op linkerhand ná die syaansluiting. GPS Koördinate: GPS: S26°38’58.1 E28°06’50.0.